Featured

Camino de Santiago, Lisabon tot Santiago de Compostela 2017

Kom stap saam van Lisboa in Portugal tot in Santiago de Compostela in Galecia, Spanje. 617 kilometer en 126 dorpies, stede en gehuggies.

Advertisements
Featured

First blog post

This is the post excerpt.

Hierdie is my poging om ons Camino van Lisabon tot Santiago de Compostela neer te pen. As alles volgens plan verloop sal ons op Maandag 17 April 2017 vertrek van Kaapstad met SAL via Accra in Ghana na Lisabon. Ons het besluit om die Portugese Camino, ons derde, van Lisabon te stap en nie soos so baie ander wat verkies om van Porto af te stap.

post

Treinrit van Tomar na Coimbra

Ons is vanoggend 10:11 per trein uit Tomar oppad na Coimbra, die universiteitstad van Portugal. Met ons aankoms 12:35 is ons reguit na ons blyplek, Hostel Serenata,’n ou “convent” wat omskep is in ‘n hostel. Dit is in die antieke deel van die stad, waar kerke en geboue uit die 10de eeu dateer.

20170502_171158

20170502_171459

Ons het ook die eerste geel pyltjie uit Coimbra gekry,

20170502_165442

Bietjie weggesteek, maar ons kan moreoggend sonder sukkel op die pad gaan. Ek hoop net Mareè se voete hou na die rus.

Tomar die setel van die Knights Templars

20170501_140207

Bo teen die heuwel is die oorblyfsels van die 12de eeuse kasteel wat eens die hoofkwartier van die Knights Templars was. Die Knights Templars was die monniksoldate van die vroeëre Katoliekekerk wat die Moore in Europa beveg het en dit is aan hulle te danke dat ons as Christene die vryheid wat ons ken, kan geniet.

Nadat Frankryk en Spanje probeer het om die Knights Templars te verbied het koning Dom Dinis van Portugal hulle verwelkom en die naam verander na die “Orde van Christus” en is die fort toe verander en ‘n klooster is by gebou in die 13de eeu.

Die invloed van die “Ridders vir Chritus” is nog oral in die dorp te sien en baie besighede vereenselwig hulle dan ook met Templars.

20170501_131734

Dit is baie jammer dat ons in Afrika nie die geskiedenis geleer was nie.

Golega na Tomar

Vroeg oggend ontbyt gehad en die pad gevat Tomar toe. Die stad van die perd is maar klein en ons is sommer baie gou buite die dorp op ‘n baie stil teerpad. Ons het maar teen ‘n slakkepas beweeg met Mareè se voete, elke tree was maar pynlik en ek kon sien dat sy koorsig is. Nadat ons 2 kilometer in meer as ‘n uur gestap het kon ek haar oortuig dat ons nie verder kon stap nie. By die eerste gehuggie, Vilo novo Barquina, waar ons aan die buitewyke verby gaan, vra ek by ‘n huisie rigting na die stasie. Die 2 mans beduie dat daar nie ‘n stasie is nie, maar dat die naaste een ver van hulle is. Die jonger een van die twee bied aan om ons daarheen te neem met sy motor. Ek wil so gou moontlik in Tomar, waar daar ‘n hospitaal is kom sodat Mareè hulp kan kry en aanvaar die aanbod. Dit blyk toe dat die ou ‘n polisieman in Encantromento is, waar die stasie is.

Gelukkig hoef ons nie lank te wag vir ‘n trein nie en kon ons die afstand binne ‘n halfuur aflê. By Tomar is ons toe gou na ons blyplek, wat ons reeds vir die nag bespreek het en vandaar na die hospitaal, per huurmotor. Na bykans drie ure se wag kon ons ‘n dokter kry wat aandag aan Mareè kon gee. By aanskoue van haar voete het hy net gesê, Santiago toe per bus of trein, maar nie per voet nie en dat sy vir tussen ag en tien dae moet rus.

Terug by die gastehuis moes ons hoor dat hulle net plek het vir Donderdagnag soos ons bepreek het en niks verder vir die langnaweek nie. Na vele gesukkel kon on darem plek kry op ‘n plot so 4.5 kilos uit die dorp, met geen besighede naby nie.

20170429_190212

Casa Gloria regs voor op die hoek.

Gelukkig was Gloria dan ook Vrydagoggend in die dorp en kon ons ‘n geleentheid met haar kry. Sy is werklik baie gaaf en behulpsaam, al verstaan sy nie ‘n woord engels nie, sy het ons Saterdag ingeneem dorp toe sodat ons kon gaan inkopies doen, so ons kon toe darem ook vir Mareè ‘n paar sagte skoene koop vir die stap.

Ons het Sondagmiddag na Restaurante A Familiar gestap, so 1.2 kilos, vir ‘n eg Portugese middagete.

20170430_120244

Ons was vroeg, baie gou was die eetsaal propvol en moes die mense buite wag vir plek.

Santarem na Golega

Na ‘n goeie nag se rus en ‘n goeie ontbyt by Mario Gracia se hostel en Mareè se blase verbind was, is ons gereed vir die tog van 31 km na Golega, die stad van die perd. Min het ons geweet wat voorlê. Om uit die stad te kom moes dieselfde hoogte wat ons gister opgeklim het weer na onder aangepak word, nou nie weer op die skouerlose hoofpad nie, maar met ‘n baie steil klipperige voetpaadjie bergaf.

IMG_20170426_080309

Tussen daardie digte bome kan mens die voetpaadjie sien.

Ons is so vinnig deur die volgende dorpie, Ribeira de Santarém, waar die treinstasie onder die berg lê, dat ons nie eers gesien het waar die bar vir koffie was nie. Ons is nou op ‘n grondpaadjie wat deur bosbouers met hul masjiene vertrap is en dit vreet aan mens se voete. Toe ons na 7km by die plek kom waar ons gedink het daar fasaliteite sal wees word ons ontnugter, niks winkels nie, so gaan ons maar weer droëbek verby. Nog verder aan moes ons agterkom dat die oorspronklike roete verander is en dat ons nie by die plekkies uitkom soos ons beplan het nie. Teen laat middag kom ons by die voorlaaste gehuggie, 12km voor die eindpunt aan, my stapteller wys al klaar 33km en ons is nog ver van klaar en Mareè kan nie meer met die blase aan haar voete nie, maar ons moet voort, want hier is nie slaapplek nie. Hier kry ons alweer ‘n hoofweg sonder skouers en dit is al erg skemer en almal is oppad huistoe na werk. Wat ‘n nagmerrie. Toe ons uiteindelik na 12 ure op die pad by ons bestemming aankom was die bed miskien maar die beste keuse, maar die honger was erger, so toe is dit maar weer “Klipsop” en sangria voor slaaptyd.

20170426_195916

Klipsop of te wel, popa de pedra, pau (brood), olywe en sangria.

20170426_183902

Baie mooi slaapkamer by hostel de Adamas in Golega

Mareè se voete lyk erg en ek wil nie verder gaan nie, maar sy wil aangaan.

Azambuja na Santarem

Moes vanoggend 10 kilometer stap voor ons eerste koppie koffie, wat ‘n straf.

Ons het vandag 33.33 kilos plat gedraf, dit was gelukkig heeldag bewolk en koelerig. Soos in Spanje, kry ons toe ook weer daar die style opdraand voor die laaste dorp vir die dag, wat nogal erg was siende ons hier nie gewoond is aan hoogtes nie. Gelukkig is Santarem die hoogste plek op hierdie camino.

Dit was vandag Portugal se vryheidsdag, so alle winkels was toe en was ons maar aangewese op “klipsop” (sopa de pedra)  en piza vir aandete.

More is dit weer ‘n langs trek, so ons gaan nou slaap

Azambuja, die plek waar die bulle hardloop.

Die Portugese  spog dat hulle eintlik die bulvegters is, en nie die Spanjaarde nie. Vila Franca da Xira, waar ons gisteraand geslaap het en hier in Azambuja is daar “bullrings”. Ons bly net af van die straat waar die bulle hardloop en so twee blokke van die stalle waar die bulle gestoor word voor die tyd.

Ons het vandag baie lekker gestap, so 24 kilos op gelyk grond en teerpaaie, mens se voete word nie moeg en seer nie. Ons eerste stop na 2 ure het gelukkig ‘n bar gehad waar ons lekker koffie uit ‘n waterglas gekry het. 5 kilos voor die einde het ek ‘n yskoue Pepsi gevat wat die ergste hitte gebreek het voor die laaste skof.

More lê daar so 28 kilos voor, Dan bereik ons die hoogste plek op die suidelike gedeelte van die Camino. Blyplek is daar redelik beperk, so ek het maar vanmiddag plek bespreek, net om te verseker ons slaap op ‘n bed. Dit lyk tog of hier heelwat pelgrims  op die pad is.

IMG_20170424_075036

Die laaste sien van Vila Franka voordat ons tussen die industrieële geboue verdwyn het.